top of page
Search
  • Writer's pictureBenjamin Du Toit-Enslin

Net nog 'n dag...

Updated: Oct 2, 2022

Elke oggend weet die inwoners van Uncle Ben’s Den wanneer Ronel by die hekke in ry. Sy word gegroet deur, Viking, Tika, Daisy, Shasha en nou ook Buks.


Tika is voor in die koor, sy het die nuutste skinder nuus op haar lippe al wat jy hoor is BWAH BWHA BWHAAAAH BWHAHAAWAHA as sy eers begin dan wil elkeen mos nou ook sy opinie deel. Dan begin al die honde saam te skinder voor die kantoor deure van Uncle Ben’s Den. Die skyfdeur word oop gemaak en die boks honde koekies word gegryp voordat ‘n lig aan gesit word.


Die honde kry hul koekies en Tika kry eerste anders gaan jy nooit die einde hoor nie. Nadat die koekies gesluk is loop almal saam Ronel wat die dag se take by Uncle Ben’s Den beplan.


Nie eendag is dieselfde nie. Elke dag het sy eie bekoring by Uncle Ben’s Den.

Soos alle inwoners by Uncle Ben’s Den het hulle hul eie storie hoe hulle by die hekke van die Herberg gekom het. Buks het ook sy eie.


Hy het by Uncle Ben’s Den aan gekom met ‘n sist op sy rug, ‘n groeisel op sy been en hy was skraal en ondervoed. Jy kon sien die strate van Daspoort het hom al vir n rukkie gehad, sy bloed rooi oë, uit gedroog wat hangend loer na jou siel vir hulp.


Die DBV was in kennis gestel van Buks, hulle het uit gekom met die hoop dat hy gemikro-merk was. Of dalk vermis verklaar is. Dalk soek Buks se eienaars na hom. Of dalk is hy ‘n straat hond wat net wil kom rus. Of dalk is sy eienaar daar buite op soek na hom. Ons weet nie, soos gewoonlik is dit maar dieselfde begin van stories van soveel ander wat by die Herberg se hekke op daag.


Nadat al die formaliteite verby is met die DBV is Buks op-pad veearts toe vir 'n ondersoek. Hy word dadelik gemikro-merk, reëlings is gemaak om hom te kastreer asook om die groeisel en sist te behandel.


Intussen ontmoet hy sy nuwe diere vriende; Viking, die kleinste op die erf met die grootste persoonlikheid. Tika, die skinder bek, oë wat diep in jou kyk. Daisy, glimlag elke keer as sy jou sien, sy is ʼn ou siel. Shasha groot en stewig vat nie strooi nie en laaste Seuntjie, die swart kantoor kat.


Elkeen van hulle het ook ‘n storie hoë hulle by die Herberg van Uncle Ben’s Den se hekke gekom het, hierdie is net die begin van Buks se storie.



183 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


bottom of page