top of page
Search

Kom kuier by ons!

Writer: Benjamin Du Toit-EnslinBenjamin Du Toit-Enslin

Kom sê hallo by ontvangs. Groet die persoon wat in die kombuis besig is om vir almal te kook. Vra vir die persoon wat die wasgoed hanteer hoe dit gaan – hulle het altyd 'n glimlag en 'n vriendelike woord.


Stop by een van ons huise en jy sal een van ons inwoners ontmoet. Die Tannie het haar kinders laas Kersfees vir die dag gesien, maar dié jaar gaan hulle haar vir 'n lang naweek wegneem. Sy sal graag vir jou wil wys wat sy beplan om aan te trek.


Moet nie die persoon vergeet wat jou aan sy dwergvriende sal voorstel nie – al kan hulle soms 'n bietjie stout wees, hy sal hulle verseker op hul plek kry!


Neem 'n oomblik om vir die mense in die snoepie hallo te sê. Die Oom en Tannie groet altyd met 'n glimlag en 'n vriendelike "Hoe gaan dit?" Die Oom is ook baie goed met grappies!


Gaan groet die sorgwerker wat die Tannie help in haar stoel. Die Tannie is altyd opsoek na iets. Gaan groet die jong man – hy het al baie verloor, maar bly steeds sterk.


Gaan groet die jong meisie, vra haar hoe haar skooldag was – ons is baie trots op haar.

Kom spandeer tyd saam met ons!


Kom kuier by ons – ons kan nie wag om julle te verwelkom nie!


Let wel: Ten gevolge van die POPI-wetgewing beskemerm Uncle Bens Den die indentiteit van ons inwooners.



 
 
 

Recent Posts

See All

Press Release

Uncle Ben’s Den was the subject of a certain social media influencer, who claims to be a fighter of justice.  Following these posts,...

Comments


©2022 by Uncle Bens Den. MET DIE HERE SE GENADE IS ALS MOONTLIK BY UNCLE BEN’S DEN ONS OORLEEF SUIWER DEUR TE GLO GOD SAL VOORSIEN.

bottom of page