top of page
In Suid Afrika  is daar vandag een uit drie  bejaardes  oor die ouderdom van vyf en sestig in ekonomies onsekerheid. Volgens ‘n onlangse studie is bevind dat bejaarde vroue  meer geneig is om slagoffers te wees van armoede en mishandeling. Hiermee saam het die  behoefte vir verblyf onder bejaardes  in die laaste twee  jaar met sestig persent gestyg. 

Daar is verskeie redes vir tendens onder andere:​

  • Familie verstoot bejaardes wat tekens toon van  Alsheimers of Dementia.

  • Die onregmatige toe-eiening van  bejaardes se SASSA toelaag deur hulle naaste familie met die gevolg dat die bejaarde  behoeftig raak.

  • Bejaardes wat tekens toon van ‘n afwykende geestes toestand word deur hulle familie by plaaslike hospitale gelos om na hulleself om te sien.

  • Bejaardes  wat gereeld geteiken deur swendelaars en misdadigers

  • Die veranderende ekonomie omstandighede in die land het ‘n negatiewe invloed op die bejaarde bevolking.

  • Siektes wat daartoe lei dat die bejaarde nie meer  selfversorgend kan wees nie.

  • ‘n Gebrek aan  beplanning vir aftrede en mediese versorging.

bottom of page