Oor Ons
Uncle Ben’s Den is in 1990 gestig deur Ben en Sharon De lange, self inwoners van Daspoort in die weste van Pretoria, kort nadat hulle albei hul werk verloor.
As gelowiges in Jesus Christus was hulle geraak deur die behoefte onder hawelose en verlate bejaardes wat geen heenkome gehad het nie het. Hierdie behoefte het hulle gedring om hulle eie eiendomme beskikbaar te maak om die behoeftige mense te akkommodeer.
Die bediening het sodanig gegroei dat Uncle Ben’s Den in 2007 genoodsaak was om te registreer as n NPO onder die naam B en S Versorgingsentrum. Die stigter Benjamin de Lange is oorlede in 2016 en n jaar later in 2017 het sy vrou Sharon de Lange afgetree en die bestuur oorhanding aan haar dogter Ronel van Dyk.
In die twee en dertig jaar wat Uncle Ben’s Den omsien na minderbevoorregte en hawelose mense het die spektrum van versorging sodanig ontwikkel dat daar tans na verskillende soorte siekte toestande soos Alsheimer, Dementia, Parkinson, Schizophrenia, Bi-polar, Diabetes tipe 1 en 2, Multiple Sclerosis, kanker pasiënte, parapleë, ge-amputeerdes, verstandelike gestremdes, HIV positiewe mense, dowes en blindes omgesien word.
Soos 'n Familie
Elke inwoner by Uncle Ben’s Den word soos familie behandel en saam met die geestelike versorging van elke inwoner word die volgende behoeftes ook vervul:
Christelike fondamente
Geestelike berading vir die wat dit benodig.
Kerkdiens op Sondae
Bybelstudie op Donderdae
Doodsbegeleiding.
Versorging
Versorgers help met stort, aantrel en huis skoon maak.
Doeke vir bejaardes en gestremdes.
Wond sorg vir pasiënte met wonde.
Palliatiewe versorging.
Portuur dienste.
Haar snye elke maand
Dag tot dag
Drie etes per dag.
Wasgoed was.
Toiletware vir die wie se families dit nie kan voorsien nie.
Toegang tot krag en water.
SASSA
Hulp met aansoeke vir SASSA (ouderdom en ongeskiktheid)
Visie en Missie
Om die evangelie van Jesus Christus te verkondig, Om genesing en herstel (liggaam, siel en gees) na die minderbevoorregtes en gesinne, en bring hoop aan diegene sonder hoop. Om in te staan as versorgers vir minderbevoorregtes wat sorg nodig het. Om opheffing en herstel na huishoudings en gemeenskappe te bring met die fokus op die minderbevoorregtes.Om die minderbevoorregtes toe te rus om die wêreld in die gesig te staar, deur middel van lewensvaardigheid opleiding, wat hulle die geleenthede gee om nuut in lewende lywe te begin en te neem verantwoordelikheid vir hul lewens. Om leiers te word op die gebied van versorgers van minderbevoorregtes by, kampe, plekke van veiligheid, straatprojekte, hulpmiddelshuise, minderbevoorregtes in tronk, ens. Om mishandelde, verlate, verwaarloosde en verwerpte mense te help, asook die minderbevoorregtes vasgevang in dwelmmisbruik, satanisme, seksuele stryd, en soos God op ons harte lê. Om fondse in te samel vir hierdie projekte wat hulle in staat stel om in geheel self volhoubaar te wees areas van hulp aan minderbevoorregtes. Om 'n 'huishoudelike' naam te wees en toeganklik te wees waar daar mense in is behoefte.